11-07-2021 - 17-07-2021 ONS BID SAAM VIR...

  1. Oos-Kaap waar daar nog streke is wat jare laas reën gehad het. (Wolwefontein, Jansenville en Steytlerville). Vader, ontferm U oor hierdie streek waar mens en dier bittere lyding verduur. Maar ons loof en ons prys U ook vir die Wes-Kaap waar damme vol is en die boere mooi vooruitsigte vir die seisoen het.
  2. Die beëindiging van die virus wat so 'n groot bedreiging vir ons inhou. Ons bid vir almal wat betrokke is om die virus te beveg maar ons dra ook hulle aan U op wat siek is en treur oor geliefdes en vriende.
  3. Die politieke gevegte en die groot druk wat dit op ons regstelsel en grondwet plaas. Dankie dat ons steeds onder die omstandighede ons vertroue op U kan stel. Ps. 62:6-7 “Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting”.
  4. Diepkloof kleuterskool (Deuroffer). Vader ook hierdie kinders en hulle wat betrokke is by die instandhouding en opvoeding by hierdie skool, word in gebed onder U sorg geplaas.


DANKIE VIR:

  • U teenwoordigheid en dat U steeds dieselfde bly in 'n tyd van onsekerheid.
  • Familie en vriende wat ook daagliks vir ons bid. Ons dank U ook vir hulle wat reeds van die virus herstel het.
  • U wat ons help om U opdrag, “om ons naaste en ons vyande lief te hê”, deur die leiding van U Gees, uit te voer.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023