18-07-2021 - 24-07-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Vrede, veiligheid en rustigheid in ons land. Vader, in hierdie tyd van onrus en anargie bid ons vir die polisie en weermag wat die vrede moet herstel, maar ons bid dat leiers hulle self sal weerhou van aanhitsing tot geweld en misdaad. Vader wees ons genadig.
  2. Ons land se ekonomie wat die afgelope week groot skade gely het. Vader tree U asseblief in en versorg die armes en werkloses maar ook die wat in hierdie tyd groot skade gelei het.
  3. Feba Radio (Deuroffer). Hierdie Christelike organisasie versprei die Evangelie na die mees afgeleë lande in die wêreld. Help ons ook om deur ons bydraes hierdie verdienstelike saak te dien.
  4. Die beëindiging van Covid. Vader hierdie gevreesde siekte hou ons steeds op ons knieë. Dankie Vader dat U saam met wetenskaplikes, medici en regerings teen hierdie siekte veg wat die wêreld teister.


DANKIE VIR:


U teenwoordigheid in hierdie tyd van kommer en benoudheid, dat ons steeds aan U beloftes kan vashou. Jesaja 41:10  “Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red ek jou.”

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023