25-07-2021 - 31-07-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Duitsland en China, waar swaar reën die ergste natuurramp in 60 jaar veroorsaak het. Die ramp het tot groot skade aan eiendom en lewensverlies gely. Vader wees asseblief hierdie mense naby.
  2. Kerke, politieke partye en die gemeenskap, om in die tyd van onrus en herstel hande te vat, om die vertroue in ons land weer te herstel.
  3. Covid-19 wat steeds in ons land en gemeenskap lewens eis en mense baie siek maak. Vader staan ons by en help ons om U volkome te vertrou, in hierdie tyd van benoudheid.
  4. Helpende Hand: Hierdie organisasie help om armes te voed en te klee, veral in hierdie koue winter is daar 'n groot behoefte aan kos en warm klere.


DANKIE VIR

  • Mense van alle gemeenskappe en uit alle dele van die land vat en help om skade in geplunderde gebiede te herstel en ook kos en voorrade aan arm gemeenskappe te voorsien.
  • U Woord, wat ons daagliks vertroos en aan ons die verekering gee dat U altyd daar is, om ons in alle omstandighede te help. Sag. 4:6 “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur My Gees, sê die Here die Almagtige.”
  • Dankie Here vir die wonderlike reën!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023