Erediens - 11 Julie 2021

 

As gevolg van die nuwe inperkings sal daar hierdie Sondag geen diens voor die dam wees nie.
Daar is wel 'n diens aanlyn beskikbaar.

 

DEUROFFER: DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Diepkloof Kleuterskool vier hierdie jaar hul 20ste verjaarsdag! Ons het al ver gevorder van al die kinders saam in die kerksaal met gemeentelede wat kinders aangery en kos voorsien het, tot die 4 kleurvolle klaskamers vir 65 kinders tussen 3 en 6 jaar, met 4 opgeleide onderwyseresse en 'n skoonmaker/kok en ons eie 2 Kia bakkies waarmee die kinders gratis vervoer word. Die kinders kry daagliks ontbyt, 'n broodjie en melk mid-oggend en 'n gebalanseerde middagete. Ons eksperimenteer tans deur middagetes te bestel deur Diakonos, 'n NGO wat op groot skaal vir ander kleuterskole in George en omgewing ook kos verskaf, om aankope te vergemaklik, kostes te besnoei en uitgewerkte, gebalanseerde etes te voorsien.

Ons grootste uitgawe bly die salarisse van ons toegewyde personeel, waarsonder die skool nie kan klaarkom nie. Die toegelate staatsubsidie dek net sowat 20% van die maandelikse uitgawe aan salarisse. Ons wil graag 'n beroep doen op gemeentelede om maandeliks 'n bedrag van u keuse te skenk wat gebruik kan word vir die salarisse. Noleen, ons skoolhoof, is hierdie jaar 20 jaar in ons diens, Joslyn 18 jaar en Millie al 15 jaar - dus voorwaar staatmakers!

'n Groot dankie diep uit ons harte vir elke gemeentelid se belangstelling, gebede en fisiese en finansiële bydraes. Daardeur stel dit ons in staat om die kinders in ons sorg die geleentheid te bied om te ontwikkel en uit te styg om eendag hul plek vol te staan in die samelewing!

Kontak my gerus vir enige verdere inligting.

Vriendelike groete
Bernice van Rooyen (Voorsitter)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023