Erediens - 25 Julie 2021

 

As gevolg van die nuwe inperkings sal daar hierdie Sondag geen diens voor die dam wees nie.
Daar sal wel 'n diens aanlyn beskikbaar wees.
Ons is vol verwagting vir die President se praatjie Sondagaand en hoop om jou volgende Sondag weer voor die dam te sien.


DEUROFFER: SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

Solidariteit Helpende Hand is in 1949 gestig as 'n antwoord op die Afrikaner-armoedekrisis van die tyd. Helpende Hand het meer as 30 000 ondersteuners wat per debietorder ’n maandelikse bydrae maak. Ons ontvang geen hulp van die staat nie en is afhanklik van die bydraes van gewone mense om ons projekte te befonds.
Daar is verskeie projekte bv. die Skooltassie-projek en die Kosblik-projek:
Vir Helpende Hand is die Skooltassie-projek 'n hartsaak. Vir die afgelope 14 jaar slaag ons daarin om duisende tassies regoor die land te versprei. Daar word gereeld navorsing gedoen om seker te maak dat die inhoud van die tassie voldoen aan meeste van die skole se skryfbehoefte-vereistes. Die waarde van so 'n tassie met die inhoud is R250.
Magies volmaak… dis waaroor die Kosblik-projek gaan. Dit is hartverskeurend hoeveel kleuters afhanklik is van 'n ete by die skool as hul primêre ete vir die dag; dis 'n harde werklikheid dat klein liggaampies nie normaal kan ontwikkel sonder 'n gebalanseerde dieet nie. Dis moeilik om te konsentreer wanneer jy honger is; dis onmoontlik om te presteer terwyl jou magie grom.
Die hooffokus van die projek is om te verseker dat behoeftige kleuterskole ondersteuning ten opsigte van voeding ontvang. Die Kosblikkie-projek ontvang geweldige positiewe terugvoer van die skole wat betrokke by die voedingsprogram is. Onderwysers bestempel die projek ook as “broodnodig”. Kleuters word danksy die voedingsprojek as fisiek sterker bestempel. Hulle groot- en klein motoriese vaardighede, sowel as intellektuele en emosionele ontwikkeling, baat ook by die toevoeging van 'n voedsame maaltyd. Dit beteken dat kinders meer gehoorsaam is, hulle take makliker kan verrig en dat hulle selfvertroue verbeter.


012-111 8360 | diens@helpendehand.co.za | NPO nommer: 046-086-NPO

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023