22-08-2021 - 28-08-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Covid-19: Vader hierdie virus is besig om baie van ons families en vriende siek te maak maar ook groot onsekerheid en onmin tussen medici en wetenskaplikes te veroorsaak. Help ons asseblief om alleen op U te vertrou om leiding en hoop.
  2. Afganistan, waar die regering oorgeneem is en die Taliban nou regeer. Ons bid dat U 'n klein groepie gelowiges sal beskerm, vir wie daar geen genade, van die Taliban sal wees nie. Ons bid ook vir die groot groep vlugtelinge vir 'n veilige heenkome.
  3. Die verwoestende aardbewings en tropiese storms in Haïti. Daar is reeds meer as 2 000 mense in die natuurramp dood en 30 000 dakloos. Ontferm U asseblief oor hierdie volk.
  4. Hospitaalbearbeiding: Ons bid veral vir die geestelike werkers wat al die trauma onder siekes, bedroefdes en verpleegpersoneel moet hanteer. In hierdie tyd het hulle ons daaglikse voorbidding en finansiële ondersteuning baie nodig. (Deuroffer)


DANKIE VIR:

  • Die nagmaal van Sondag. Dat ons steeds onder moeilike omstandighede hierdie Sakrament kan gebruik tot ons versterking.
  • Al die gawes wat ons steeds uit U hand ontvang en kan geniet. (Sondag se preek)
  • Ons kantoorpersoneel, orrelis en koster wat steeds getrou hulle werk tot U eer verrig. Ons sien U hand in hulle arbeid en dank U daarvoor.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023