29-08-2021 - 04-08-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ons land wat vasgevang is in 'n greep van misdaad. Vader neem asseblief beheer van die mense wat hulle tot moord en misdaad wend. Ons bid dat hulle hulle tot U sal bekeer.
  2. Die werkloosheid wat tot 34,4% gestyg het. Hierdie statistiek is die begin van armoede en misdaad. Ons vertrou op U om ook aan ekonomiese leiers inspirasie en leiding te gee om 'n verskil te maak.
  3. Die Teologiese skool (Deuroffer): Wanneer ons vir die Teologiese Skool bid, bid ons nie slegs vir finansiële versorging nie, maar dat dosente en studente steeds getrou aan U Woord sal bly.
  4. Covid-19: “Bid gedurig” 1 Tes. 5:17. Wanneer die siekte daagliks nader aan ons beweeg, vertrou ons op U om ook op U tyd 'n einde aan die pandemie te bring.



DANKIE VIR:

  • Dat U groter is as ons vrees en ons moed gee. (Prediking van Sondag)
  • Bybelsondag.  Mag U Woord steeds ons bron van geloof bly en ons in die waarheid lei.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023