Erediens - 1 Augustus 2021

 

Vandag hou ons weer inrydiens om 9:30 by die dam, agter die kerkgebou!
Omdat daar soveel van ons gemeentelede is wat Covid onder lede het, gaan ons nie hierdie Sondag koffie na die erediens hê nie.
Sodra dit rustiger is sal ons weer hervat met ons heerlike koffie-kuiers voor die dam.

DEUROFFER: DIENS VAN BARMHARTIGHEID

Diens van Barmhartigheid is Outeniqualand se kommissie wat omsien na die fisiese behoeftes in ons gemeente en gemeenskap.
Van die projekte van Diens van Barmhartigheid:

  • Nicky Deysel koop 1 keer per jaar vir al die behoeftige skoliere in Diepkloof Laerskool, Hoogekraal Laerskool en Laerskool Van der Hoven skoolklere.
  • DvB versorg gesinne in ons gemeente en ook in die gemeenskap wat kosnood en lewensmiddele nodig het.
  • Ouerwordende lidmate ressorteer onder die kommissie.
  • Somtyds is daar van enige oord briewe om finansiële hulp vra, wat DvB dan hanteer

Elke gemeente lid wat 'n hart het vir mense in nood, is baie welkom by die Diens van Barmhartigheid. Wanneer die byeenkomste weer hervat sal ons die inligting in die Familienuus sit. Hou gerus die spasie dop!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023