Erediens - 15 Augustus 2021

 

Sondag hou ons weer inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou.
Kom vier saam met ons die Nagmaal. Dis ons jaarlikse NAGMAAL VIR SENIORS.
A.g.v. Covid sal daar ongelukkig geen Nagmaalsete by die Kobus Hattingh-saal wees nie.
Jy is welkom om jou eie nagmaalwyn en kelkies te bring. (Daar sal van die Covid-vriendelike nagmaal tekens ook beskikbaar wees)


DEUROFFER: DEGNOS

Die DEGNOS bediening is 'n bediening onder die Boesmans.
Die Boesman gemeentes wat onder hulle val is: Tsumkwe, Lehebu Noord, Wes Caprivi en Wildevy.
Tans is daar 15 kleuterskole en 25 onderwysers in diens van hierdie bediening.
Ons verneem vanaf die notule van hulle Algemene Jaarvergadering dat hierdie jaar finansieël vir hulle besonder uitdagend was omdat die deuroffers van die NGK gemeentes, wat 'n beduidende bydrae maak tot hulle bediening, nie gerealiseer het nie a.g.v. die Covid inperkings.
NGK Outeniqualand (asook een van ons lidmate, vir wie die Here hierdie bediening op sy hart gelê het) is gereelde finansiële ondersteuners van hierdie belangrike bediening.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023