12-09-2021 - 18-09-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Covid pandemie wat steeds groot onsekerheid veroorsaak. Ons bid dat hulle wat die besluite in verband met die bekamping van die siekte moet neem dit steeds met verantwoordelikheid teenoor ons en die Ekonomie sal neem.
  2. Diepkloof Kleuterskool: Dankie Vader vir gelowige onderwysers en 'n bestuur wat hulle taak met toewyding tot u eer verrig.
  3. Die graad 12 leerlinge wat besig is met die rekord-eksamen. U weet onder watter omstandighede hulle hul moes voorberei vir die ekamen, help hulle asseblief om volkome op U te vertrou en rus u hulle toe met die nodige toewyding en kalmte.
  4. Predikante-begeleiding (Deuroffer). Vader ons wil ons leraars aan U opdra. Die tyd waarin ons leef stel besondere eise aan ons leraars, ons dink veral aan die daaglikse trauma wat hulle moet hanteer. U alleen kan hulle toerus vir hierdie moeilike taak.


DANKIE:

  • Dat ons na U kan luister en U op soveel wyses daagliks met ons praat.
  • Dat dit U is wat vir ons sorg. (Preek van Sondag)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023