19-09-2021 - 25-09-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Lidmate in ons gemeente wat worstel met siektes, depressie en finansiële nood. Ons bid dat hulle God se liefde en teenwoordigheid elke dag sal ervaar!
  2. Ons polisiediens en geregshowe, in die aanloop tot die plaaslike munisipale verkiesing, dat politieke geweld, moorde, intimidasie en manipulasie nie sal plaasvind nie.
  3. Die nood en armoede in ons omgewing – daar is baie mense wat honger ly en met die langdurige koue nat winter, bid ons dat ons hante en hande oop sal wees om die nood te verlig.
  4. Studente-bearbeiding (Deuroffer). Groot eise word aan ons studente gestel om onder abnormale omstandighede steeds te bly studeer. Vader gee vir hulle daagliks die visie en deursettingsvermoë om te volhard en hulle vertroue in U te stel.



DANKIE

  • Dat ek in U geanker kan wees en dat ek dit kan geniet om U woorde deel van my lewe te maak. (Sondag se preek)
  • Dat U ook deur die inrydienste op 'n besondere wyse met ons kan spreek.
  • Die liefde wat ons daagliks van familie en vriende ervaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023