2021-09-05 - 2021-09-11 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die landbou in ons land maar ook in ons streek. Vader, U het hierdie belangrike sektor in ons ekonomie vir ons gegee om mens en dier te voed. Hou asseblief U hand oor ons boere en gee vir hulle die krag om onder moeilike omstandighede te volhard.
  2. Die mense in Louisiana in die VSA, waar die orkaan Ida verwoesting gesaai het. Bewaar asseblief die mense waar natuurkragte die mens bedreig.
  3. Instituut vir Dowes: (Deuroffer) Ons is die afgelope weke, deur die Para-olimpiese spele, bewus van die uitdagings van die gestremde persone, maar ook hoe hulle uitdagings aanvaar en oorwin en aan U die dank gee. Ons bid ook vir die dowes en hulle geestelike en finansiële versorging.


DANKIE:

  • Dat ons by U rus kan vind. (Prediking van Sondag)
  • Vir die ontwaking in die natuur. Ons sien U hand in alles en loof en prys U daarvoor.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023