Erediens - 12 September 2021

 

Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou!
Na die diens gaan ons weer lekker koffie drink voor die dam.



DEUROFFER: PREDIKANTE-BEGELEIDING


Dominees skryf agter hulle naam VDM – Verbi Divini Minister. Hulle is bedienaars van die Goddelike Woord. Oor hulle drumpels stap dié met aansien maar ook dié waarop neergesien word. Hulle bediening getuig van hartsake en kerksake en ringsake, van hartseer en twyfel en verslaentheid en rou. Hulle tree op as vredemakers en arbiters en fasiliteerders en troosters. Op Sondag staan hierdie manne en vroue voor u en sê: “So sê die Here.”
Deur die taakspan Predikantebegeleiding, wat deel is van die diensgroep Gemeentebege-leiding, lewer ons Sinode 'n omvattende ondersteunings- en bedieningsprogram aan al die leraars van ons kerk. 'n Program wat daarop fokus om dominees hulle bekwaamhede te laat ontwikkel en persoonsgroei stimuleer maar 'n program wat hulle ook verbonde hou aan hul Bron. U offer vandag ondersteun hierdie program en daarvoor word dankbare erkenning gegee.


Ds. Theunis Botha | pastor@sun.ac.za | Webwerf:  https://communitas.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Erediens - 12 Desember 2021