Erediens - 19 September 2021

 

Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou!
DOOP:  Jeandré en Adel Coetzer doop hulle dogtertjie Ilené met toestemming van Oudtshoorn Moedergemeente.
Na die diens gaan ons weer lekker koffie drink voor die dam.


DEUROFFER: Studente-bearbeiding

Studentebearbeiding fokus op die ondersteuning van die bediening aan studente in Stellenbosch, Tygerberg en Wellington, asook die post-matriek fees. Navorsing word ook gedoen oor die veranderende aard van die bediening aan studente en jong volwassenes. Die “Kerk van die Toekoms” netwerk help gemeentes om vars ruimtes te skep waar jong volwassenes hulle geloof kan beoefen.
Me. Maryke Fourie | 021 808 9050 | jeug@sun.ac.za | Webwerf: www.dinkjeug.co.za | YouTube – Kerk van die Toekoms

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023