Gemeenskapsdiens - 5 September 2021 - Dankdag vir Landbou en Ekonomie

 

Ons nooi jou uit na die inrydiens om 09:30 by die dam, agter die kerkgebou!
Na die diens gaan ons weer lekker koffie drink voor die dam.


DEUROFFER: INSTITUUT VIR DOWES


Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Christus kan ontvang.
Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes word as volg aangewend:

  • Bejaardesorg vir Dowes in 'n versorgingseenheid op Worcester;
  • Residensiële versorging van volwasse Dowes met meervoudige-gestremdhede (die enigste in Suid-Afrika en Afrika);
  • Beroepsopleiding aan Dowe studente;
  • Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies;
  • Ondersteuning aan 2 gemeentes (die Dowe Familie Kerk, Worcester en die NGK De la Bat in Bellville) vir die geestelike versorging van Dowes.


(023) 342 5555 | nid@nid.org.za | www.nid.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023