2021-10-10 - 16-10-2021 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die inwoners van La-Palma in Spanje wat groot skade aan eiendom en lewensverlies gely het as gevolg van vulkaniese uitbarstings.
  2. Matrieksondag: Hierdie groepie leerlinge is met die laaste voorbereiding besig, voor hulle finale eksamen. Rus hulle toe en seën hulle met die gawes van kalmte en helderheid van verstand.
  3. Studente aan Tersiêre inrigtings betree ook die laaste paar weke van 'n baie vreemde jaar. Vader wees U ook hulle leidsman en anker in hierdie tyd van eksamen.
  4. Radiokansel: (Deuroffer) Ons bid vir die lewegewende boodskap van Christus wat deur die radio aan alle Suid-Afrikaners gebring word.


DANKIE:

  • Dat U in alle omstandighede by ons is. (Prediking van Sondag)
  • Vir medegelowiges se voorbidding en ondersteuning in hierdie tyd van siekte en inperking.
  • Vir hulle wat bereid is om die Evangelie van Christus buite ons landsgrense aan heidene te verkondig.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023