2021-10-17 - 2021-10-23 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Gideons: (Deuroffer) Hierdie Internasionale organisasie, met die hoofdoel om die bybel gratis ter versprei en op strategiese plekke beskikbaar te stel en siele vir Christus te wen. Ons bid vir finansiële ondersteuning.
  2. Die komende verkiesing: Mag die verkiesing vreedsaam verloop en dat ons die uitslag as die wil van die Here ervaar.
  3. Studente en skoliere wat aan die einde van die jaar hulle studie voltooi en studiegeleenthede of werk benodig. Vader maak U asseblief die deure, wat in U plan vir hulle is, oop.
  4. Gesondheidsdienste: Ons bid vir hierdie mense wat die afgelope jaar onder baie moeilike omstandighede moes werk, en self hulle lewens op die spel geplaas het om ander te red. Beskerm U hulle en seën hulle werk.


DANKIE VIR:

  • U Woord wat steeds relevant is en gebruik word om mense na Jesus te lei.
  • Ons mooi  land, waar elke streek sy eie bekoring het en ons U Skeppenderhand in alles sien.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023