2021-10-24 - 2021-10-30 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Missie Japan: (Deuroffer) Die sendingwerk wat in hierdie land gedoen word lê ons na aan die hart. Ons bid vir die sendingwerk wat in hierdie land gedoen word en die sendelinge, Stéphan en Carina van der Watt, vir geestelike en finansiële ondersteuning.
  2. Die Kerkraad: Daar word nog gesoek na lidmate wat as leiers op die Kerkraad wil dien. Ons bid dat U ook mense se harte sal aanraak om hulle beskikbaar te stel om die Here op hierdie wyse te dien.
  3. Naderende verkiesing: Die verkiesing is ook vir ons gemeenskap belangrik. Daarom bid ons dat U met ons sal werk om tot U eer, ons verantwoordelikheid na te kom.
  4. Hulle in Outeniqualand wat worstel met depressie, siekte, verhoudingsprobleme, hartseer en finansiële nood. Ons bid vir hoop, God se liefde en vertroosting.



DANKIE VIR:

  • Die mooi oes in die Suid-Kaap. Aan U die eer!
  • Dat U lewend is en altyd werksaam in ons lewens. (Prediking van Sondag)
  • Ons gemeente se Gebedsbediening en vir elkeen wat getrou in hulle binnekamer intree.
  • 'n Meelewende leraar en kerkraad, wat onder moeilike omstandighede getrou in U diens staan.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023