2021-10-31 - 2021-11-06 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Nagmaal: Vader seën ons wanneer ons die sakrament van die Nagmaal gebruik.
  2. Hervormingsfees: 504 jaar gelede het die kerk 'n radikale vernuwing beleef. Bid dat ons steeds deur ons gereformeerde erfenis geïnspireer sal word.
  3. Tiendemaand Dankoffer: U het ons die afgelope jaar met U groot genade geseën. Help ons om met ons Dankoffer ons dankbaarheid te toon.
  4. Maandag se munisipale verkiesing om vreedsaam te verloop en dat daar groter verdraagsaamheid tussen politieke partye sal wees.


DANKIE VIR:

  • Goeie reën in gebiede wat die afgelope paar jaar deur droogte geteister was. Dankie dat U ons gebede verhoor het.
  • Die voorreg om vandag ook aan U ons offers te bring, Nagmaal te vier, ons kerkgebou opgeknap te kan aanskou en saam met medegelowiges te kan feesvier. U seën ons op soveel terreine en daarvoor loof ons U!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023