Erediens - 10 Oktober 2021

 

Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste:

  • 08:00 in die Kobus Hattingh-saal
  • 09:30 se inrydiens by die dam agter die kerkgebou! Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.

As gevolg van die skoolvakansie is daar geen VONK nie.


DEUROFFER: RADIO KANSEL


Radio Kansel en Radio Kaapse Kansel is 'n onafhanklike, transkerklike en transkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou. Radio Kaapse Kansel kan op 729AM of op DSTV Audiokanaal 882 geluister word asook op www.radiokansel.co.za, www.kaapsekansel.co.za en www.capepulpit.co.za. Laai die toep (CAPEPULPIT) af en luister op jou selfoon.


Mnr. Kosie Burger 082 784 5779 | 021 917 7000 | kaap@radiokansel.co.za | Webwerf: https://radiokansel.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023