Erediens - 24 Oktober 2021


 

Ons nooi jou uit na Sondag se Inrydiens om 09:30 by die dam agter die kerkgebou!
Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie.



DEUROFFER: MISSIE JAPAN


Beste Outeniqualand
Groete uit Kobe, waar die eerste Sakura bloeisels groot belofte inhou vir die lente skouspel wat kom. Covid-19 se finansiële impak op Missie Japan word op die oomblik uitvoerig bespreek. Kortom: die verreikende effek van dalende bydraes en swak wisselkoerse (skerp dalende Rand-waarde) oor die afgelope jare, is nou dieper as ooit blootgelê.
Gesprekke en planne oor die volhoubaarheid van Missie Japan se werk hier, is nou dringend nodig. Terselfdertyd is ons regtig dankbaar vir elkeen wat ons hande nie gelos het in die middel van die krisis nie.
Ons is diep dankbaar vir elkeen wat aanhou bydra, ons emosioneel dra en volhard in gebed, te midde van groot nood en uitdagings in eie midde.
Groete in Christus, ons opgestane Here.
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan

Stéphan + Carina van der Watt – 084 513 8516 | stephan@missionjapan.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023