Feesdiens - 31 Oktober 2021

 

Feesdiens om 09:30 tydens Inrydiens

  • Nagmaal (bring jou eie wyn en brood saam).
  • 10de maand dankoffer insameling.
  • Hervormingsfees.
  • Die Voorsitter Eiendom begelei ons die kerkgebou in om die nuut geverfde gebou te besigtig.
  • Bring en braai na afloop van die feesdiens op die kerkterrein by Sinksabrug.



EREDIENSTE VIR VOLGENDE PAAR WEKE

Sondag 7 November:
08:00 - Eerste erediens in nuwe kerkgebou.
09:30 - Inrydiens.

Sondag 14 November:
08:00 - Geen erediens in Kobus Hattingh-saal nie.
Eredienste in hetsy die kerk of inrydiens, sal na Sondag 7 November gekommunikeer word.


DEUROFFER: ALTA DU TOIT SKOOL

Die  Alta du Toitskool in Kuilsrivier gee onderrrig aan leerders (ouderdom 6 tot 18 jaar) wat intellektueel erg gestremd is en nie in hoofstroomonderwys met akademiese vakke kan aanpas nie. Die skool bied aan leerders uit alle kulture die beste geleentheid om volgens hulle eie vermoë en tempo te ontwikkel. Die fokus van die kurrikulum is aangepas en konsentreer op vaardighede soos selfversorging, kommunikasie, uitvoering van huishoudelike take, sinvolle tydsbesteding, arbeidgerigte-vaardighede, asook eenvoudige begrip van godsdiens. Vir leerders wat wel daartoe in staat is, word funksioneel-skolastiese vaardighede soos lees, skryf en getalbegrip aangeleer om hulle te help om in die alledaagse lewe oor die weg te kom met vaardighede soos tydlees, hantering van geld en uitken van name van handelsbanke en winkels. Daar is twee koshuise vir leerders wat ver woon en bussies wat dagskoliere vervoer. Gemeentes se ondersteuning dra daartoe by dat leerders 'n vol lewe kan geniet in 'n skool waar daar spesiaal na hulle unieke behoeftes omgesien word.

Die Bestuurder (H van Niekerk) | 021 903 7744 | assistant.development@altadutoit.com | Webwerf: http://altadutoitschool.wixsite.com/altadutoitschool

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023