2021-11-07 - 2021-11-13 - ONS BID SAAM VIR...

  1. VGK Friemersheim (Deuroffer): Ons bid vir hierdie gemeente se geestelike en finansiële ondersteuning.
  2. Hulle wat op Munisipale rade verkies is: Vader help hulle om hulle verantwoordelikheid tot die belang van die gemeenskap na te kom en nie eie belang eerste te stel nie.
  3. Gelowiges wêreldwyd wat aan vervolging, terreur en intense versoekings blootgestel word. Ons ondersteun die vervolgde Christene deur ons gebede. (Geopende Deure)
  4. “Twee belangrikste dinge wat die Kerk van Christus die meeste nodig het, is die krag van die Heilige Gees en meer gebed”. (Andrew Murray).
  5. Kom ons bid by die naam vir Outeniqualand se matrieks. Meeste van ons het lankal vergeet hoe senutergend dié tydperk in mens se lewe is. Hulle is: Danelle Britz, Georgia Whitehead, Jackie Vorster, Luan Langenhoven en Melani Fourie.


DANKIE VIR:

  • Nagmaal: Dat U deur die Sakrament, ons herinner het aan U lyding vir ons.
  • Die gereformeerde Geloofsbelydenis waaraan ons kan vashou.
  • Psalm 27:1 “Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees?”

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023