2021-11-14 - 2021-11-20 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Eskom-kragkrisis: Vader waar mense besig is om te faal, help ons land om weer hierdie belangrike ekonomiese instelling op 'n gesonde basis te laat werk.
  2. Die gemeenskap van Semongong in Lesotho, waar 'n geliefde Pastoor wreed vermoor is. Staan asseblief die naasbestaandes en gemeenskap by, vertroos hulle en verseker hulle dat sy dood nie tevergeefs was nie.
  3. Die Straatwerkers wat daagliks geestelike werk onder die armstes van armes verrig. Maak hulle geestelik sterk en versorg hulle finansieël.
  4. Volharding en versterking van elkeen se geloof, gebedslewe en geestelike groei in Jesus Christus. “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is” Jeremia 17:7


DANKIE VIR:

  • 'n Kerk waarin ons U teenwoordigheid op 'n besondere wyse kan ervaar. Psalm 84:5 “Dit gaan goed met mense vir wie U huis 'n tuiste is”.
  • Beterskap by siekes en gesondheid wat ons nog kan geniet.
  • Die oop deure vir die Evangelie by ons plaaslike skole.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023