2021-11-21 - 2021-11-27 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die beskermingsdienste (polisie, weermag, sekuriteitsdienste en buurtwag). Vader, waar misdaad en die graad van misdaad toeneem, bid ons dat U hulle wat oor ons veiligheid waak sal beskerm.
  2. Koor (Deuroffer): Seën asseblief ons orrelis en die koor wat met hulle talente bydra om ons geestelik in te stem tot u teenwoordigheid.
  3. Die Kerkraad en amptenare wat ons onder die leiding van U Gees dien en lei.
  4. Die naderende Kerstyd, wat vir ons gemeente 'n tyd van familie en aanbidding is. Seën asseblief die predikers en ons byeenkomste.



DANKIE VIR:

  • Die gesonde finansiële posisie waarin ons gemeente verkeer. Aan U al die eer!
  • U Gees wat ons altyd lei na liefde en nederigheid.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023