2021-11-28 - 2021-11-04 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Môreson Kinderhuis (Deuroffer): Vader mag hierdie kinders nie net finansieel versorg word nie maar ook geestelik. Ons dra ook die huisouers en personeel aan U op.
  2. Die eerste Adventsondag: Advent beteken letterlik “koms”. Ons leef opnuut in die wonder van die menswording van Christus! Mag dit ook vir ons as gelowiges 'n tyd van geestelike verdieping wees.
  3. Die mense van George wat skade gely het as gevolg van die oorstromings. Dankie vir hulle wat die families bystaan en met middele ondersteun.
  4. Gelowiges om nie te oordeel nie, maar meer genade en liefde teenoor ander te betoon. (Preek van Sondag)


DANKIE VIR:

  • Milde reën en die damme wat oorloop. U genade is groot.
  • Kinders en familie wat ons lief het en vir ons omgee.
  • Die Kerk in hierdie wêreld en dat ons begenadig is om U getuies te wees.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023