Erediens - 21 November 2021

 

Ons nooi jou uit na Outeniqualand se inrydiens Sondagoggend om 09:30 by die dam agter die kerkgebou.
Na die diens is daar lekker koffie en kuier voor die dam.


DEUROFFER: OUTENIQUALAND SE KOOR

Outeniqualand is een van die min kerke wat nog 'n kerkkoor het. Volgende week by die Kerssangdiens sal ons geleentheid kry om die koor in aksie te hoor. Die koor is onder leiding van Tinus Badenhorst ons orrelis. As jy voel dat dit die plek is waar jy wil inskakel, kontak vir Tinus.


EREDIENSTE VAKANSIETYD
Die dagbestuur het na deeglike oorweging besluit om met die inrydienste voort te gaan. Ons beoog om (in ag neming van die COVID situasie) in Februarie die kerkdienste te hervat. Ons inrydienste het intussen die tuiste geword van heelwat besoekers uit die omgewing wat nog onveilig voel om in groot groepe in 'n gebou saam te wees.
Daar word vanaf 12 Desember elke Sondag 'n erediens in die Kobus Hattingh-saal te Glentana aangebied.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023