Erediens - 7 November 2021


 

Ons nooi jou uit na:
08:00 - Eerste erediens in nuwe kerkgebou
09:30 - Inrydiens
Inrydiens by die dam agter die kerkgebou.
Na die inrydiens gaan ons lekker koffie drink onder die afdak langs die dam.

Sondag 14 November:
Geen erediens in Kobus Hattingh-saal nie.  
Eredienste in hetsy die kerk of inrydiens, sal na Sondag 7 November gekommunikeer word.


DEUROFFER: VGK FRIEMERSHEIM


Outeniqualand het 'n geskiedenis van noue samewerking met VGK Friemdershiem. Ons ondersteun graag hulle bediening en het simpatie met die uitdagings waarmee hulle te doen het. Die Kommissie vir Getuienis aksies het al 2 keer met hulle vergader en ook 'n leier uit die gemeente gevra om 'n vergadering by te woon, sodat ons kan hoor waarmee hulle besig is en kan verstaan wat hulle uitdagings is. Ons vra ons Outeniqualanders hierdie gemeente sal ondersteun in hulle finansies maar ook in hulle gebede.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023