GELEENTHEID VIR DIENS!

Daar is van tyd tot tyd, en die afgelope tyd meer as normaalweg, 'n behoefte om tafels, stoele asook ander goedere soos braai dromme tussen die Kobus Hattingsaal en die Sinksabrug kerkterrein te vervoer. Hiervoor word 'n bakkie/sleepwa en 'n gesonde manspersoon verlang om op versoek, en binne 'n redelike tyd, die werk te onderneem. Die tarief sal later met diegene wat belangstel, deurgesels word.

Kontak asseblief vir Merinda of Pieter Stoltz.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023