Kerssangdiens - 28 November 2021

 

Daar is nie 'n inrydiens op Sondag 28 November nie.


UITREIK SONDAG: VGK FRIEMERSHEIM

Sondag 28 November 2021 is daar 'n uitreik-Sondag na die VGK Friemersheim. Dit is moontlik, omdat ons slegs die aand 'n erediens het (Kerssangdiens by die Kobus Hattingh-saal). Friemersheim se dien is om 10:00. Ds Jan gaan die diens waarneem by Friemersheim.




DEUROFFER: MÔRESON KINDERHUIS


In Mei 1917 het die ACVV George 'n huishoudskool begin vir 13 arm behoeftige dogters om as huishoudsters opgelei te word. In 1920 word die huishoudskool omskep in 'n staatsgesubsidieerde Kinderhuis en teen 1930 was daar reeds 100 dogters op 'n slag versorg op verskillende persele in George.
In 1976 is daar begin bou aan huise sodat die kinders binne 'n huisstelsel as 'n gesin kan funksioneer. Daar is vandag 8 huise op die perseel in George waarvan die laaste een in 1987 voltooi was.
Daar is tans 100 kinders tussen die ouderdomme van 3 tot 18 jaar. Hulle bly in 8 huise waarin 12 tot 14 kinders in elkeen deur bekwame kinder en jeugsorgwerkers versorg word. Daar is 4 dogters huise en 4 seuns huise.
Die kinders in ons sorg is blootgestel aan erge trauma en moet op 'n baie jong ouderdom al leer om deur baie hartseer, verlies, woede en vrae te werk.
Die Kinder- en Jeugsorgsentrum probeer aan elke kind wat ons pad kruis, hoop te gee vir 'n beter toekoms. Sukses is as hulle die sirkel van die verlede kan breek en besef hulle is nie dit wat met hulle gebeur het nie.
Ons is dankbaar vir elke gebed, vrywilliger, personeellid en gemeenskap wat saam met ons hande vat om die toekoms van die kinders in Môreson Kinder- en Jeugsentrum te verander.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023