2022-01-23 - 2022-01-29 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ons leraar en kerkraad vir krag en wysheid vir hulle taak in die nuwe jaar.
  2. Ons leerders en onderwysers vir die uitdagings in 2022.
  3. Die week van gebed en seën op ons gebede.
  4. Inwoners en boere in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noord-Wes, waar oorstromings groot skade aan huise en oeste veroorsaak het.
  5. Ons plaaslike jeug (Deuroffer). Ons bid vir hulle geestelike versorging deur ouers en die kerk. Hierdie groepie lidmate het ons voorbidding en finansiële versorging nodig.


DANKIE VIR:

  • Die rus en samesyn saam met familie en vriende gedurende die Kerstyd.
  • Die Gemeenskap van Gelowiges wat ons die afgelope vakansie saam met vakansiegangers kon ervaar.
  • 'n Nuwe jaar, met soveel onsekerheid en dat ons volkome op U kan vertrou, U is ons Leidsman en by U is ons veilig.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023