2022-02-20 - 2022-02-26 - ONS BID SAAM VIR...


  1. Burgerregte-organisasie wat buite die politiek veg om geregtigheid teenoor almal in die land te verkry, ook vir minderheidsgroepe.
  2. Die ou model-C skole, teen wie wetgewing voorberei word, om die mag van ouers en beheerrade in te kort en die mag van die Staat te vergroot.
  3. Gemeente-ondersteuning (Deuroffer): Daar is gemeentes wat finansieel swaar kry. Bid dat die Vader ook vir die gemeentes sal sorg.


DANKIE VIR:

  • U Woord waaruit ons daagliks ons krag kan put.
  • Dat ons kan droom: Gedig van Willem Jordaan: “In drome vol angs/ bedien my Heer my/ 'n klein sakrament/ Uit Sy hand/ breek die maan/ wit wolke oop/ tot sagte nagmaalbrood./ En môre by ontbyt/ sit ek aan tafel,/ sny ek uit die bakkers-brood/ die nag se droom weer oop./ O Vlees van die Woord/ voed my in hierdie môre/ só met U hemelgraan/ dat iets van U nagmaal/ in my dag bestaan.”

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023