AANGEPASTE VLAK 1-REGULASIES
Nuwe Vlak 1-regulasies is vandeesweek aangekondig en is vanaf 1 Februarie van toepassing.
- Kinders moet voltyds teruggaan skool toe.
- Mense wat positief getoets word vir COVID-19, maar geen simptome ervaar nie, hoef nie meer te isoleer nie.
- Mense wat positief getoets word én COVID-19 simptome vertoon, moet steeds isoleer, maar die tydperk van isolasie is van tien tot sewe dae verkort.
- Kontakte hoef nie te isoleer nie, tensy hulle COVID-19 simptome vertoon.
- Begrafnisse word steeds tot 100 persone beperk. Nagwake voor en byeenkomste na 'n begrafnis bly steeds verbode.
- Godsdienstige byeenkomste word toegelaat. Beperk tot 1 000 binne en 2 000 buite na gelang van gebou-grootte.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking