Erediens - 06 Februarie 2022


Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 09:30 by die dam agter die kerk.
Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word.

DEUROFFER: NGGO SINODAAL
(Nuwe Geloofgemeenskap Ontwikkeling)

Die NGGO taakspan se roeping is om saam as familie van die NG en VGK kerke, gemeente te begelei om nuwe geleenthede raak te sien (visievorming) in hul onderskeie kontekste om vars uitdrukkings van kerkwees te implimenteer (missionale kerk).
Die leiers van hierdie taakspan sal gemeentes besoek en begelei wat die behoefte het om 'n nuwe geloofsgemeenskap te begin, hetsy binne in die gemeente of buite (byvoorbeeld waar daar nuwe demografiese ontwikkelings in die area is).
Ons help met opleiding en die skep van netwerke waar gemeentes en hul leiers veilig voel om nuwe maniere van kerkwees te probeer. Ons sal altyd die eenheid van die breër kerk bevorder en sal nooit die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe of vars uitdrukking van kerk sien as 'n manier om die kerk te verdeel nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023