2022-03-27 - 2022-04-02 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Deuroffer (Publieke Getuienis): Hierdie program van die kerk lewer onder leiding van Braam Hanekom 'n belangrike bydrae tot die opheffing van mense en ook identifisering van probleme in die samelewing. Bid vir finansiële voorsiening.
  2. Oorlog in die Oekraïne. Ons bid vir vrede en die versorging van haweloses, en dat Pres. Poetin tot vreedsame insig mag kom.
  3. Lydenstyd as 'n tyd waar ons as gelowiges saam met Jesus die lydensweg moet stap.
  4. Veiligheid op ons paaie gedurende die vakansietyd en Paasnaweek. Dat vakansiegangers ook in 'n tyd van rus en ontspan ons Skepper in die natuur sal raaksien.



DANKIE VIR:

  • U Seun wat U as offer vir ons sondes gestuur het.
  • Die Covid maatreëls wat besig is om te verslap.
  • 'n Kerk wat steeds u dood en opstanding bely.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023