Erediens - 13 Maart 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se twee eredienste:
08:00 Kobus Hattinghsaal te Glentana
09:30 Inrydiens by die dam agter die kerk
Daar sal heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens.


DEUROFFER: ELJADA NASORG

Die Eljada Nasorg in Oudtshoorn voorsien residensiële versorgings- en ontwikkelingsdienste aan 97 volwasse persone met intellektuele gestremdhede en dagsorgdienste aan 13 volwasse persone met intellektuele gestremdhede wat in die gemeenskap woon. Projekte en aktiwiteite wat deur 5 instruktrises aangebied word is: kognitiewe ontwikkeling, lewensvaardigheid- en bewusmakingsprogramme, leerwerk, kers- en matmakery, vervaardiging van draadhangers, naald-, krale-, brei en hekelwerk, hulp in die tuin en kombuis, etiket- en Bybelklasse, danse, uitstappies, koorsang by gemeentes, swem, toutrek, fietsry, gimnasiumoefeninge en stap.
Eljada Nasorg se 5 huismoeders versorg inwoners deur handhawing van persoonlike higiëne, voorsiening van maatltye en verversings, positiewe dissipline, kleding, netheid van kamers, voorsiening van 'n veilige ongewing, mediese sorg (medikasie, verpleging ens.). Dienslewering fokus dus op die bevordering en handhawing van inwoners en dagsorgkliënte se volle potensiaal, sodat hulle selfstandige en volwaardige lede van die samelewing kan wees.
Ons is dankbaar vir gemeentes se donasies waarsonder ons nie hierdie broodnodige dienste aan kwesbare persone kan lewer nie.
Webwerf: http://eljada.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023