Nagmaal & Biddag vir Landbou en Ekonomie - 06 Maart 2022

 


Ons nooi jou uit na Sondag se Biddag vir Landbou/Ekonomie om 09:30.
Ons vier saam nagmaal (bring jou eie wyn en brood as jy nie die COVID-tekens wil gebruik nie).
Dit is ook ons gemeenskapsdiens (ons wil graag verteenwoordigers van skole, plaaswerkers ens. in die erediens verwelkom).
Nooi asseblief vriende uit na die diens!
Daar sal ook heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word na die erediens.
Na die diens, vanaf 11:30, is daar 'n bring en braai by die Kobus Hattinghsaal in Glentana. Vir die nuwe intrekkers gee ons die reëlings deur. Ons voorsien tafels, stoele en braaidromme met kole. Bring asseblief die volgende saam:
Eie vleis, bykosse en drinkgoed
Eetgerei en kampstoel
Rooster, braaitang en casserol


DEUROFFER: ALTA DU TOIT NASORG

Die Alta du Toit Nasorgsentrum (Bellville) maak voorsiening vir volwassenes (18 jaar en ouer) wat intellektueel gestremd is. Hulle vaardighede word optimaal ontwikkel met die hulp van professionele opleidings- en ontwikkelingsprogramme. Die hantering van kliënte word bestuur deur 'n dissiplinêre span, wat persoonlike versorgers, verpleegpersoneel, toesighouers in die werksarea, arbeidsterapeute asook maatskaplike werkers insluit. Met die nodige liefde en ondersteuning word verseker dat osn kliënte eerstens goed versorg word, maar word daar ook omgesien na hul fisiese, emosionele en geestelike behoeftes. Ons huisves 174 kliënte in 4 koshuise en ontvang ook op weeksdae 59 dagsorg-kliënte in die werk- en terapeutiese areas. Die jongste is 18 jaar oud en die oudste is 'n dame van 82 jaar. Ons kliënte bly in die nasorg tot hulle afsterwe. Soos julle kan sien is daar ernstige finansiële verpligtinge wat nie voldoende deur die Staat verlig word nie. Gemeentes se ondersteuning word opreg waardeer en dra ongelooflik by tot die volhoubaarheid van die Nasorgsentrum. Baie dankie!

Marina van der Meulen 021 913 2106 | marina@altadutoit.org.za | webwerf: http//altadutoit.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023