REEBOK KERMIS
Almal word hartlik uitgenooi na Reebok-gemeente se
jaarlikse kermis-basaar op Saterdag, 26 Maart 2022, vanaf 10:00, rondom die
kerkgebou in Impalaweg.
Impalaweg gaan tydelik gesluit word, sodat
daar voldoende plek vir verskillende stalletjies en ook kuierplek sal
wees. Die tafels gaan kreun onder brood, beskuit, kleinkoekies, koeke,
terte, jaffels, potjiekos, kerrie-en-rys, pannekoek, poeding, boeke,
cd’s en vele meer. Vir al ons kinders sal daar ook 'n kindertafel,
tombola, speletjies en springkasteel wees.
Kom geniet die dag saam met ons!
Die kontakpersoon is Ds. Gerhard.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking