TERUG KERK TOE

Die Kerkraad het na deeglike besinning en met geloofsonderskeiding, die volgende besluit rondom ons eredienste geneem:
Ons gaan terug kerk toe op Sondag 3 April!
Ons wil graag die inrydiens behou, maar skuif sy tyd na 08:30 toe. Hierdie reëling geld net vir Aprilmaand wat dien as proeftydperk om te sien hoe die bywoning van die inrydienste gaan wees. Die informele karakter van die inrydienste het baie besoekers getrek. Na Aprilmaand mag die reëlings deur die kerkraad hersien word.

So lyk Aprilmaand se eredienste:
Sondag 3 April:
* 08:30  Inrydiens
* 09:00  Koffiedrink tussen 2 eredienste
* 09:30  Erediens in kerk
Sondag 10 April:
* Geen erediens in die Kobus Hattinghsaal nie
* 08:30  Inrydiens
* 09:00  Koffiedrink tussen 2 eredienste
* 18:00  Groot Lydensweek aanddiens in kerk
Sondag 17 April:
* 08:30  Inrydiens
* 09:00  Koffiedrink tussen 2 eredienste
* 09:30  Erediens in kerk
Sondag 24 April:
* 09:30  Paassangdiens in die kerk

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023