2022-04-17 - 2022-04-23 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die bediening aan die Dowes: Vader hierdie besondere mense het ons hulp nodig vir middele maar ook voorbidding en ondersteuning om ‘n normale lewe te kan lei.
  2. Die werking van die Heilige Gees in ons gemeente na 'n week van meditasie.
  3. Seën op die gebruik van die Heilige Nagmaal waarmee ons die afgelope week ons geloof kon versterk.
  4. Die politici in ons land. Gee dat hulle optrede en besluite tot voordeel van al die inwoners van ons land sal strek en dat uitsprake en verklarings versoening sal bring.
  5. Die inwoners van KZN wat die afgelope week swaar gely het onder oorstromings. Maak hulle ook in die tyd van beproewing bewus van U vertroostende helpende Vaderhand.


DANKIE VIR:

  • U Koninkryk wat liefde en vrede soek.
  • 'n Kerk wat steeds die Paasgebeure as prioriteit op die kerklike kalender beskou.
  • Die opgestane Heer wat ons as gelowiges aanbid. AMEN!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023