Carpe Musicam! - Pase tot Pinkster

 

'n Unieke interpretasie van die Paasgebeure d.m.v. instrumentale- en koormusiek...

Die Tuinroete se uitvoerende gemeenskapsorganisasie, Carpe Musicam!, het sedert hul stigting in 2015 daarvoor bekend geraak, dat hulle orkes, koor en ander groeperings interessante en genotvolle musiek verskaf aan ons Tuinroete gehore.

Hierdie jaar se Pase tot Pinkster is geen uitsondering nie! Die musikale uitvoering deur die Carpe Musicam! Koor en Boutique Band van die Paasgebeure tot en met die Uitstorting van die Heilige Gees (diep innige, maar ook feestelike opwindende verwerkings) behoort in enige iemand se smaak te val.


Kaartjies se pryse is op die plakkaat en is aanlyn beskikbaar by  https://carpemusicam.co.za
Let daarop dat kaartjies vir Onder-18's halfprys is!

8 Mei_15h30 : NGK SEDGEFIELD (h/v Swallow- & Hoepoestraat)
13 Mei_19h00 : Outeniqua Laerskool GEORGE (h/v Cathedral- & Cradockstraat)
15 Mei_ 15h30: Laminin Agora Celebration Venue HARTENBOS (8 km vanaf Hartenbos op die R328, rigting Oudtshoorn)
http://lamininagora.co.za

Onder: Carpe Musicam! Orkes, Jeug-Ensemble, Boutique Band en verlede jaar se koor in aksie.




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023