Erediens - 03 April 2022

Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 08:30 by die dam agter die kerk asook die diens om 09:30 in die kerk.
Dr Kobus Smit is die prediker en sy boodskap kom uit Jes. 49: Die ontfermende Moeder.
As jy na die kerkdiens kom wil ons jou aanmoedig om bietjie vroeër te kom en heerlike koffie en koekies in die buitelug onder die skadunet voor die dam te kom drink. Die koffie sal bedien word om 9:00 na afloop van die inrydiens.
Die kollektesakkies sal by die deur van die kerk gesit word aan die begin van die diens aangesien ons nie ons gemeente wil blootstel aan die gevaar verbonde aan die aangee van die sakkie in die kerk nie. Daar is net een sakkie by elke deur waarvan 28% vir die deuroffer gaan.

Daar is volgende week geen erediens in die Kobus Hattinghsaal nie!
Dit is die begin van ons Groot Lydensweek Meditasie Dienste:
08:30 - Inrydiens
18:00 - Groot Lydensweek aanddiens in die kerk


DEUROFFER: BADISA (SINODAAL)

Badisa is die welsynsorganisasie van die NG Kerk in SA (Wes-Kaapland) en die VG Kerk (Kaapland) wat professionele maatskaplike dienste lewer aan mense in nood, ongeag hul ras, geslag of geloof. Saam met Diaconia deel ons die visie van 'n lewe van barmhartigheid. Diaconia mobiliseer netwerke en vennootskappe tussen Badisa, gemeentes en ander rolspelers en help om die infrastruktuur en kapasiteit van die organisasie te bou ter bevordering van die missionale diakonaat van die twee kerke.
Die fokusareas van die organisasie is kinders en gesinne, ouer persone, persone met gestremdhede, asook persone met middelafhanklikheid asook die bevordering van vroeëkindontwikkeling d.m.v. die Little Seeds program.
Badisa skep werk vir 3 100 personeellede. Die personeel is Badisa se grootste bate en ons het die verantwoordelikheid om hulle toe te rus, te beskerm en te ondersteun om hul werk ten beste uit te voer. Ons personeel is geroepe om diensbaar te wees en ons kan getuig van 'n personeelkorps wat elke dag hulle taak met liefde en deernis aanpak.
Badisa se gekonsolideerde omset per jaar is R560 miljoen. Die hoof inkomste is die losies- en huurgelde by ons residensiële fasiliteite, asook die subsidie van die staat.
Badisa is self verantwoordelike om 15% (R83 miljoen) van die totale omset deur middel van fondswerwing te genereer.
Die programme steun dus baie om die betrokkenheid van gemeentes om hul lidmate te mobiliseer om hul kundigheid, tyd en geld te gee om ons programme se
volhoubaarheid te versker.
021-957 7161 | info@badisa.og.za | Webwerf: https://badisa.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023