Erediens - 17 April 2022

 

Ons nooi jou uit na die volgende dienste op Paassondag:

  • 07:00 Vroeë oggend biduur op Glentana se hoofstrand. Ons wag die son in as simbool van lewe. Ons loof God dat die graf leeg is.
  • 08:30 Inrydiens
  • 09:30 Kerkdiens

As jy na die kerkdiens kom wil ons jou aanmoedig om bietjie vroeër te kom en heerlike koffie en koekies in die buitelug onder die skadunet voor die dam te kom drink. Die koffie sal bedien word om 09:00 na afloop van die inrydiens.
Die Kerkraad het besluit dat daar in die toekoms net 1 kollekte sakkie sal wees vir Bankkollekte en Deuroffer. Ons wil nie ons Outeniqualanders blootstel aan die gevaar van die sakkie aangee in die kerk nie. Die sakkies sal in staanders by die deure wees aan die begin en die einde van die diens. 28% van die geld wat ingesamel word, gaan aan die instansie vir wie die Deuroffer is.


DEUROFFER: NASIONALE INSTITUUT VIR DOWES (Sinodaal)

Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om die Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Jesus Christus kon ontvang. Die visie van NID is die holistiese ontwikkeling van die volle potensiaal van persone met gehoorverlies in S.A. deur noodsaaklike kwaliteit-dienste aan hulle te lewer. NID se sorg, opleiding en steundienste sluit die volgende in: bied volhoubare sorg, ontwikkelings- en opleidingsprogramme aan volwasse meervoudig-gestremde Dowes en Dowe persone met spesiale behoeftes, in beskermde werkswinkels, residensieel en binne die Dowe gemeenskap.
Versorging van Dowe bejaardes in ‘n doof-vriendelike omgewing in die bejaardesorg- afdeling, Shalom. NID Opleiding bied geakkrediteerde beroepsopleiding aan Dowe studente in 'n variasie van opleidingsprogramme. Daar is ook multi-dissiplinêre steundienste aan persone met gehoorverlies bv. tolkdienste, opleiding, beskikbaarstel en verbesondering van inligting, sowel as maatskaplike en terapeutiese ondersteuning.
De La Bat gemeente (Bellville) en Dowe Familie Kerk (Worcester) voorsien geestelike versorging aan die Dowe gemeenskap in Bellville, Worcester en omliggende areas waarmee NID help.
Bid dat al die Dowes in S.A. ook die geleentheid sal kry om die boodskap van verlossing in hul eie taal, Gebaretaal, te ontvang.
Mnr. Cobus van Deventer | 023 342 555 | fr.nid@nid.org.za | webwerf: http:/www.nid.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023