Paassangdiens - 24 April 2022

Ons nooi jou uit na die Paassangdiens Sondag om 09:30 in die kerk.
Na die kerkdiens drink ons lekker saam koffie in die saal.
Daar sal geen inrydiens wees nie.
Die Kerkraad het besluit dat daar in die toekoms net 1 kollekte sakkie sal wees vir Bankkollekte en Deuroffer. Ons wil nie ons Outeniqualanders blootstel aan die gevaar van die sakkie aangee in die kerk nie. Die sakkies sal in staanders by die deure wees aan die begin en die einde van die diens. 28% van die geld wat ingesamel word, gaan aan die instansie vir wie die Deuroffer is.


DEUROFFER: BEDIENING AAN JODE

Bid asseblief vir me Jeanie de Wet wat na Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaanse Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad. Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vauit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer sal kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wie nie lidmate van Beit Ariel is nie en na Jode wat nie glo dat Jesus die Messias is nie.
Me. Jeanie de Wet | 072 408 6458 | simchaministry@gmail.com

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023