2022-05-08 - 2022-05-14 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Magdalena Huis (deuroffer): Vader hierdie tuiste vir jong vroue het ons finansiële ondersteuning en voorbidding nodig. Bid ook vir die babas wat aangeneem word, vir gelowige ouers en liefdevolle huise.
  2. Die landbou in ons streek. Die seisoen is besig om te verander. Seën U asseblief die nuwe seisoen. Ons bid ook vir die boere van die Oos-Kaap waar hulle dringend reën nodig het, maar ook vir die boere in die Sondagsriviervallei waar arbeidsonrus groot skade veroorsaak het. Wees U asseblief daar vir hulle wat U nodig het.
  3. Vakbonde:  Mag die leiers hulle lede tot redelikheid lei en nie werksgeleenthede vernietig nie.



DANKIE VIR:

  • Ons moeders wat hulle doopbelofte getrou nagekom het en ons na U gelei het.
  • Gebede van ouers en groot-ouers wat daagliks in gebed vir hulle kinders en kleinkinders intree.
  • Gelowige politici en regters wat daagliks onder groot druk aan U getrou bly.

Opmerkings