2022-05-15 - 2022-05-21 - ONS BID SAAM VIR...
- Gemeente bediening sinodaal (Deuroffer). Ons bid vir gemeentes wat finansieëel swaar kry. Mag ons bydra help om leraars se poste te behou.
- Vrede in die Oekraïne, waar die oorlog steeds uitkring en die skade aan die wêrld ekonomie al groter word.
- Moord, geweld en misdaad in ons land waarvan die afmetings besig is om samelewings in vrees te laat lewe. Bring asseblief 'n hartsverandering in die lewe van die mense.
- Die siekes, bedroeftes en hulle wat in kommer leef, in ons gemeente. Dankie dat U daar is vir hulle.
DANKIE VIR:
- Ons gemeente wat nog Finansieël gesond is en sy verpligtinge kan nakom.
- Die gebied waar ons bly en waar dit nog moontlik is om in rus en vrede ons daaglikse verpligtinge na te kom.
- U Woord wat vir ons 'n lig op ons pad is. Ps. 112: 4. “Hy laat Sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, Hy is genadig, barmhartig en regverdig”.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking