Erediens - 08 Mei 2022


 08:00 Erediens in die Kobus Hattinghsaal.
09:30 Inrydiens by die dam agter die kerkgebou! Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.

Die eredienste vir Mei en Junie sien soos volg daaruit:


8 Mei:
Kobus Hattingh-saal diens om 08:00
INRYDIENS om 09:30

15 Mei:
KERKDIENS om 09:30

22 Mei:
INRYDIENS om 09:30

29 Mei:
KERKDIENS om 09:30

5 Junie:
KERKDIENS om 09:30

12 Junie:
Kobus Hattingh-saal diens om 08:00
INRYDIENS om 09:30

19 Junie:
KERKDIENS om 09:30

26 Junie:
INRYDIENS om 09:30


DEUROFFER: MAGDALENA HUIS

Magdalenahuis Beradingsentrum het op 10 Oktober 1902 tot stand gekom en was 'n inisiatief van die NG Kerk. Magdalenahuis fokus op drie diensterreine: swangerskapberading, aanneming en herkomsfasilitering. In September 2014 neem Madalenahuis dan ook die geloofstap om weens die oorweldigende nood en behoefte aan hulp, die inwoningskomponent om te skakel na 'n ondersteunings/ontwikkelingsprogram in hoë risiko gemeenskappe. Die Isiqualo Program (New Beginnings) fokus steeds daarop om hierdie weerlose swanger vroue en hul ongebore babas in nood by te staan en te ondersteun. Met dieselfde visie “Uit liefde help ons heelmaak” onderskryf ons die filosofie van die Eerste 1000 dae, met die uitkoms dat gesonde kinders lei tot 'n gesonde samelewing. Dankie aan gemeentes wat deur die jare met hul deuroffers Magdalenahuis in staat stel om volhoubaar 'n verskil te maak in die lewens van weerlose swanger vroue, kinderlose egpare, asook babas en kinders.
Mev. S du Plessis | 021 948 3637 | info@magdalena.org.za | Webwerf: https://magdalena.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023