WERKSGELEENTHEID BY TUINEDAL GEMEENTE

Die NGK George-Tuinedal benodig die dienste van ‘n Skriba/Kantoorbestuurder in ons kerkkantoor. Dit is 'n permanente betrekking met diensaanvaading op 1 Augustus 2022. Diensure is van 08:00 tot 13:00 Maandae to Vrydae asook Sondae tydens die erediens.
Vereistes: Die suksesvolle kandidaat meot oor bewese vaardighede en naskoolse opleiding in kantooradministrasie beskik, rekenaargeletterd wees (veral in die nuutste MS Office pakket), bewese vaardighede in kommunikasie en bemarking hê, goeie menseverhoudinge kan handhaaf en in spanverband kan werk. Ondervinding in finansiële administrasie en Pastel-sagteware sal voordelig wees. Die persoon moet 'n belydende Christen en verkieslik 'n lidmaat van die NGKerk wees met 'n sensitiwiteit vir die eise en konteks van die kerklike werksomgewing.
Sluitingsdatum: Maandag, 30 Mei 2022 om 10:00. Indien u geen kommunikasie ontvang het na 13 Junie 2022 nie, aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. Die kerkraad behou die reg voor om nie 'n aanstelling te maak nie.
Aansoeke: Stuur ‘n CV (met 3 referente waarvan minstens 1 'n kerklike referent) per epos: admin@tuinedal.co.za of per hand by die kerkkantoor tydens kantoorure, h/v Palgrave- en Kasteelstraat, Dormehlsdrift, GEORGE.
Vir meer inligting skakel die voorsitter van die Personeelkomitee, Hendrik Hubbard by 082 569 9815.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023