2022-06-12 - 2022-06-18 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die jeug (Biddag vir jeug en Jeugmaand): Ons bid vir ons studente wat onder politieke druk verkeer na insidente op kampusse. Vader, tog is daar steeds gebedsgroepe en bybelstudiegroepe op kampusse en koshuise waar U wil gesoek word. Gee asseblief vir die studente leiding, vrede en genade.
  2. Ons taal. Vader, ons taal is ook 'n gawe uit U hand. Help ons om ons taal te koester en te bewaar.
  3. Plaaslike getuienis (Deurkollekte) Ons Diensgroep vir Getuienis speel 'n belangrike rol in ons gemeente se missie van “omgee - oorgee - aangee”. Help U ons om ons plig ten opsigte van ons getuienis raak te sien en ten volle uit te leef.


DANKIE VIR:

  • Die sakrament van die Nagmaal, waarmee ons ons geloof kon versterk
  • 'n Gemeente waar ons U Gees en teenwoordigheid kan beleef.
  • Die jeug se rol in ons gemeente en gemeenskap. Hulle laat ons met hoop na die toekoms kyk.
  • Tweede kanse (prediking): Dankie Vader dat ons deur U genade tweede kanse kan kry.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023