Erediens - 12 Junie 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se erediens:
Weens grieperigheid by baie van ons lidmate, vind die KH-saal erediens nie Sondag plaas nie.
09:30 inrydiens by die dam agter die kerkgebou! Na die inrydiens bedien ons heerlike koffie onder die skadunet.

Die eredienste vir Junie en Julie sien soos volg daaruit:

12 Junie:
INRYDIENS om 09:30

19 Junie:
KERKDIENS om 09:30

26 Junie:
INRYDIENS om 09:30

3 Julie
KERKDIENS om 09:30

10 Julie:
Kobus Hattingh-saal diens om 08:00
INRYDIENS om 09:30

17 Julie:
KERKDIENS om 09:30

24 Julie:
INRYDIENS om 09:30

31 Julie
KERKDIENS om 9:30


DEUROFFER: OUTENIQUALAND GETUIENISAKSIES

Vandag se deuroffers gaan vir Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis. Die Voorsitter van die diensgroep is Charles Robertson. Van die projekte wat die diensgroep hanteer is:

  • Uitdeel van bybels vir die graad 7 skoliere van Hoogekraal Laerskool, Diepkloof Laerskool en Laerskool Van der Hoven.
  • Ondersteuning van plaaslike sendingwerk onder die gemeenskap (Pastoor Leon, Pastoor Jonathan, Prof. Flip Buys, Peter Holman.
  • Borg VGK Friemersheim met 1 Sondag per maand se onkoste van 'n leraar.
  • Ondersteuning van Diepkloof Kleuterskool se onderwyseresse en kleuters.
  • Geestelike bediening van werkers op van die plase.
  • Geestelike bediening van skoliere by Laerskool Hoogekraal.
  • Reël van Stranddiensspan vir Desember.
  • Moontlike Degnos uitreik.
  • Opwindende nuwe projek! – Sokkertoernooi vir kinders uit ons gemeenskap en skole in ons area.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023